Philosophical Transactions of the Royal Society

Voorblad van die eerste band van Phil. Trans., wat die jare 1665 en 1666 omvat

Die Philosophical Transactions of the Royal Society (Phil. Trans.) is 'n wetenskapsjoernaal gepubliseer deur die Royal Society. Dit het in 1665 ontstaan, wat dit die eerste joernaal ter wêreld maak wat uitsluitlik aan wetenskap gewy is. Dit is sedertdien ononderbroke gepubliseer, wat dit ook die langsverskynende wetenskapsjoernaal maak. Die effens vroeëre Journal des sçavans kan ook aanspraak maak as die eerste wetenskapsjoernaal, alhoewel dit 'n ook wye verskeidenheid nie-wetenskaplike materiaal bevat het.[1] Die gebruik van die woord "philosophical" in die titel, is afgelei van die frase "natuurfilosofie", wat ekwivalent was aan wat vandag generies as "wetenskap" bekend sal staan.

  1. "Special Collections | The Dibner Library of the History of Science and Technology" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 September 2011. Besoek op 17 April 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search